leesmaat.Library
Digters uit Suid-Afrika source-edition cover

Book · Afrikaans

Digters uit Suid-Afrika

E. C. Pienaar (compiler) · 1922 · Advanced · Complete book

Read in Leesmaat

Public-domain text. Complete reading text is available chapter by chapter in the app and as plain text below. This page previews the opening section.Poem texts from the 1922 anthology edition; historical spelling is retained.

115 chapters, scenes or poems
  1. DIE VLAKTE
  2. DIE OSSEWA
  3. TROU
  4. DIE LAASTE AAND
  5. DIE BRAND
  6. DIE KAMPSUSTER
  7. DIS AL
  8. AFRIKANER-TROOS. (Histories.)
  9. KLEIN ONDEUG
  10. ’N SNAAKSE VRYERY
  11. DIE MURASIE
  12. AARDGEESTE
  13. DINGAANSDAG
  14. STILLE WERKERS
  15. WAG-HONDJIES
  16. PRESIDENT STEYN. [2] († 28 Nov. 1916)
  17. KOMAAN!
  18. MA EN PIETJIE
  19. DIE LIED VAN DIE OSSEWA
  20. VERGEWE EN VERGEET
  21. DIE OS
  22. MOSELEKATSE
  23. DIE DRIE KINDERTJIES. [3]
  24. VEGKOP. [4]
  25. REPOS AILLEURS. (Die rus is elders)
  26. ’N SPROKIE
  27. DIT IS NAG
  28. DAAR RUIS ’N LIED
  29. STOF
  30. DIE STERRETJIE
  31. DIE OUE PUT
  32. OGGENDSTOND OP ’N BOEREPLAAS
  33. PERDEKRAAL-LAER
  34. DIE VIERKLEUR IS WEER IN GEVAAR
  35. SLAMPAMPERLIEDJIE
  36. OKTOBERMAAND
  37. IN AMSTERDAM
  38. IN DIE KONSENTRASIEKAMP. (ALIWAL NOORD, 1901)
  39. AAN ’N SEEPKISSIE
  40. DIE OU BLIKKIE
  41. JAPIE
  42. DIE VERKLEURMANNETJIE
  43. DIE VOORTREKKER SE VAARWEL
  44. DIE VLAKTE
  45. BY BLOUKRANS
  46. WOLRAAD WOLTEMADE. (Fragment)
  47. OP MY OU RAMKIETJIE
  48. INSULINDE
  49. AAN MULTATULI
  50. DIE BESTE
  51. DIE LIED VAN DIE NAGWIND
  52. AWENDBLIK
  53. NA DIE DROOGTE
  54. DIE ROOSKNOPPIE
  55. O LANDE VOL GRAAN
  56. DIE SEE IS VOL VAN EWIGHEID
  57. SLAAP
  58. DIE TREK DRAKENSBERG AF
  59. DINGAAN SE GESANTE DOEN RAPPORT AAN HOM
  60. OP DIE LAERS AANSWERWENDE SOELOE-HORDES
  61. MOEDERS SKAT
  62. LENTE-OGGEND. (Op die Boereplaas)
  63. DONDERWEER
  64. DAGERAAD
  65. MY ONHERROEPLIKE KINDERDAE
  66. BESIT EN GEBRUIK
  67. MY EIE-EK
  68. LASTER HULDIG, ROEM BESKULDIG
  69. DIE MOT EN DIE KERS
  70. AAN DIE RENEGAAT
  71. DIE OPENBARING VAN DIE WAARHEID
  72. UIT „LIEFDE’S ONSIN”. (’N Wiegeliedjie)
  73. DIE STEM VAN SUID-AFRIKA
  74. KLAAS VAKIE
  75. WINTERNAG
  76. AMSTERDAM
  77. KINDERLIED
  78. AS SAANS
  79. AWENDMYMERING. (Op die stoep van ’n boereplaas)
  80. BEKOORLIK KIND
  81. PROBLEEM
  82. SNEEU
  83. MUSKIETE-JAG
  84. SLAGVAARDIG
  85. DINGAANSDAG (1914)
  86. DIE TWEE BOODSKAPPERS
  87. MAAR ÉÉN SUID-AFRIKA
  88. SEE-SONNET
  89. BERGTOPPE
  90. OP DIE TORING
  91. NAG
  92. KENNIS EN GEVOEL
  93. DIEPTE
  94. STILLE VRIENDE
  95. MIDDAGUUR
  96. AANDLIEDJIE
  97. DIE WINDJIE
  98. AAN HOLLAND
  99. OP DIE DOOD VAN PRESIDENT STEYN. († 28 Nov. 1916)
  100. DIE SLAG BY BLOEDRIVIER. (16 Desember, 1838)
  101. OUBOETA
  102. OP KNYSNA-STRAND
  103. SOOS DIE WINDJIE WAT SUIS
  104. RIT-RYMPIE
  105. WIE IN GLAASHUISE WOON
  106. „’N SPEELTONEEL”
  107. IN DIE HOVELD
  108. SONDAG-MÔRE
  109. DIE VERHUISING VAN CUPIDO
  110. DIE KOKET
  111. LENTELIEDJIE
  112. ’N SIMPEL LIEDJIE
  113. AAN GENERAAL DE LA REY
  114. DIE DOOD VAN DIE OSSEWA
  115. HEIMWEE
Slim opsomming· 14 s

Hierdie uittreksel · 14 s

Dek die uittreksel wat hier beskikbaar is, nie die hele boek nie.

In ’n oogopslag

en die stowwe staan soos hul trek en gaan

Hoofgesprekspunte

  1. soos die Stilte op haar troon, met dorings gekroon,

    Paragraaf 3

  2. soos ’n perde-kommande wat dreun oor die lande

    Paragraaf 4

  3. soos eilande wyd oor die waat’re verspreid

    Paragraaf 5

  4. waar wêrelde gaan op hul stille baan

    Paragraaf 6

Kernsinne uit hierdie teks gekies · vanlyn beskikbaar

Ek slaap in die rus van die eeue gesus, ongesien, ongehoord, en dof en loom in my sonnedroom, ongewek, ongestoord. Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande skuif my breedte uit, wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur wat my swyend omsluit.

Jong aarde se stoot het my boesem ontbloot bo die diep van die meer; en volswanger van lewe ’t oor waat’re geswewe die gees van die Heer. Uit die woelende nag van haar jeugdige krag brag die aarde voort Lewiátans-geslagte, geweldig van kragte— storm-ontruk aan haar skoot. Diep in my gesteente berg ek hul gebeente— die geheim van hul lewe en lot; maar gewek uit die sode herleef uit die dode, na die ewig hernuwingsgebod, die stof van d’ verlede in vorme van d’ hede, in eindeloos kome en gaan; wat die dood my vertrou ’t, ek bewaar dit as goud, en geen grein sal ’k verlore laat gaan.

As die son oor my vloer in die môre kom loer en die dou van my lippe kus, dan kyk ek net stom met ’n glimlag om en lê maar weer stil in my rus. Hoog bowe die kim op sy troon geklim, is hy heer van lewe en dood; na wil en luim geef hy, skraal of ruim, verderf of lewensbrood. Uit gloeiende sfeer brand hy wreed op my neer tot my naaktheid kraak en skroei, en my koorsige asem in béwende wasem al hygend my bors ontvloei. In sy skadetjie rond-om sy stam op die grond staat ’n eensame doringboom, soos die Stilte op haar troon, met dorings gekroon, wat roerloos die eeue verdroom. Geen drop vir die dors aan my stofdroë bors: my kinders[1] versmag en beswyk, en die stowwe staan soos hul trek en gaan om my skrale dis te ontwyk.

Soos ’n vlokkie skuim uit die sfere se ruim kom ’n wolkie aangesweef, maar hy groei in die blou tot ’n stapelbou van marmer wat krul en leef— kolossaal monument op sy swart fondament, waar die bliksem in brul en beef. En o, met my is die windjies bly: hul spring uit die stof orent, en wals en draai in dwarrelswaai oor my vloer, van end tot end; die gras skud hul wakker om same te jakker tot hy opspring uit sy kooi, en soos mane en sterde van jaende perde sy stengels golf en gooi. Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof, kom die eerste druppels neer, tot dit ruis alom so deur die gebrom en gekraak van die donderweer. Met kloue vooruit om te gryp en buit jaag ’n haelwolk langs verby, soos ’n perde-kommande wat dreun oor die lande vertrap en gésel hy— en sy lyke-kleed sien ek ver en breed in die awendson gesprei.

Stil in die duister lê ’k so en luister hoe die spruite gesels en lag; maar bowe die pak van my wolkedak het die maan al lank gewag: nou breek en skeur hy ’n baan daardeur om te deel in my vreug benede; hy sprei die waas van sy romig-blou gaas— en ek lag so stil-tevrede. Plek op plek, soos die wolke trek, sweef die skaduwees onder mee, soos eilande wyd oor die waat’re verspreid op die boesem van die grote see. Met ’n afskeidskus gaat die maan ook ter rus en ek wag op die daeraad— so skoon en so mooi soos ’n fris jong nooi wat lag in haar bruidsgewaad.

Oor die bulte se rug slaat die gloed in die lug van brande wat ver-weg kwyn, en doringbome fluister in die rooi skemerduister van gevare wat kom of verdwyn. Uit slote en plas, uit die geurende gras, styg ’n danklied op ten hemel; en dis net of ek hoor hoe die kriekies se koor weergalm uit die sterre-gewemel, waar wêrelde gaan op hul stille baan tot die ende van ruimte en tyd. So, groots en klaar, staat Gods tempel daar, wyd—in sy majesteit.