leesmaat.Library
Klaas vakie source-edition cover

Poem · Afrikaans

Klaas vakie

EUGÈNE MARAIS · 1922 · Intermediate · 2 min

Read in Leesmaat

Public-domain text. Complete text from the attributed source edition.

Slim opsomming· 12 s

Hierdie teks · 12 s

In ’n oogopslag

ek sien hom nou—dan is hy weg,

Hoofgesprekspunte

  1. en in die skadu sien ek hom—

    Paragraaf 1

  2. Tant Sannie sit nog kouse stop;

    Paragraaf 4

  3. dan staat ’a skadu in sy plek.

    Paragraaf 7

  4. dan kom hy weer van dáár-van-daan

    Paragraaf 10

Kernsinne uit hierdie teks gekies · vanlyn beskikbaar

Hy stoot die voordeur stadig oop, en in die skadu sien ek hom— sy swart manel is oop-geknoop, sy snaakse lyfie hoepel-krom; sy lang gesig is uitgedroog, hy staat by my skaars skouer-hoog!

Sy ogies knip, sy lippe lag, sy lang-bol hoed is in sy hand; hy kom van buite uit die nag, en bly net in die skadu-rand.

Eén kers brand stadig in die tuit, die ander flikker heen en weer; en langs my, deur die onder-ruit, daar loer die nag so swart soos kruit! Die skadu’s—kort en dik en bont— spring op die vloer soos lammers rond!

Tant Sannie sit nog kouse stop; haar naald blink nes ’n weerligstraal, haar lyf is alles dof en vaal, die kerslig skyn net op haar kop.

Vlak voor my oë dans die dons, en as tant Sannie met my praat dan gaat dit nes ’n brommer gons: haar woorde is so nors en kwaad.

Die donker kruip uit elke skeur, dis alles deurmekaar gevleg; ek sien hom nou—dan is hy weg, die snaakse Outjie by die deur!

Die donker wikkel om hom heen, dit gryp sy voet en dan sy been; en as my oë wyer rek— dan staat ’a skadu in sy plek.

Dáár is hy weer, so skelm-slim, en voet vir voet bekruip hy my; ek sien sy skadu hoër klim, en tel sy knopies op ’n ry.

Dit is tant Sannie weer wat praat: „Kyk, Jannie, dit is baie laat en tyd vir kleintjies om te slaap; wat sit jy nog te snork en gaap, met reeds ’n krakie in jou nek? Nou, snuiter, kooi-toe op die plek!”

Ek ken die stem, nou moet ek hoor! En as ek opstaan om te gaan, dan kom hy weer van dáár-van-daan en trap so soetjies in my spoor!