leesmaat.Library
Die sterretjie source-edition cover

Poem · Afrikaans

Die sterretjie

TOTIUS (Dr. J. D. DU TOIT) · 1922 · Intermediate · 1 min

Read in Leesmaat

Public-domain text. Complete text from the attributed source edition.

Slim opsomming· 10 s

Hierdie teks · 10 s

In ’n oogopslag

jou weer te sien skitter

Hoofgesprekspunte

  1. doen my harte so goed!

    Paragraaf 1

  2. ek was bang dat die ryp

    Paragraaf 2

  3. En kom my nog teë

    Paragraaf 3

  4. maar jy bly, ongesien, nog skitter daarbo

    Paragraaf 4

Kernsinne uit hierdie teks gekies · vanlyn beskikbaar

Goei nawend my sterretjie met jou vrindelike groet; jou weer te sien skitter doen my harte so goed! Ek staan net maar op van my lampe-liggie, en daar kyk ek verras in jou kindergesiggie.

My kleintjies lê binne in hul droompies al: ek was bang dat die ryp in hul ogies sou val. Met wangetjies rond lê die slapende bloedjies glimlaggend te droom van hul spelegoedjies.

En jy speel maar hierbuite in die winternag! En kom my nog teë met jou olike lag! Jy weet van geen nag, geen koue of vrese,- klein ligtende, laggende, klein hemelse wese!

Jy speel in die nag om die aard te verbly; in my donkere berowing kom jy laggend tot my. En is dit my netnou hierbuite te koud, dan vlug ek geswind weer na binne; maar jy bly, ongesien, nog skitter daarbo aan die hoë, hemelse tinne!