leesmaat.Library
Vergewe en vergeet source-edition cover

Poem · Afrikaans

Vergewe en vergeet

TOTIUS (Dr. J. D. DU TOIT) · 1922 · Intermediate · 1 min

Read in Leesmaat

Public-domain text. Complete text from the attributed source edition.

Slim opsomming· 10 s

Hierdie teks · 10 s

In ’n oogopslag

vlak by die pad gestaan,

Hoofgesprekspunte

  1. dwars-oor die boompie ry.

    Paragraaf 2

  2. en langsaam buig die boompie

    Paragraaf 4

  3. want oor sy wonde druppel

    Paragraaf 6

  4. Die wonde word gesond weer

    Paragraaf 8

Kernsinne uit hierdie teks gekies · vanlyn beskikbaar

Daar het ’n doringboompie vlak by die pad gestaan, waar lange ossespanne met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlanges ’n ossewa verby, wat met sy sware wiele dwars-oor die boompie ry.

„Jy het mos doringstruikie, my ander dag gekrap; en daarom het my wiele jou kroontjie plat getrap.”

Die ossewa verdwyn weer agter ’n heuweltop, en langsaam buig die boompie sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde; sy bassies was geskeur; op een plek was die stammetjie so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie weer stadig reggekom, want oor sy wonde druppel die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare die wonde weggewis— net een plek bly ’n teken, wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer as jare kom en gaan, maar daardie merk word groter en groei maar aldeur aan.