# Die ossewa JAN F. E. CELLIERS · Afrikaans · Poem Rights: Public-domain text ## Slim opsomming — Hierdie teks Die osse stap aan deur die stowwe, ### Hoofgesprekspunte - die jukke, al drukkend hul skowwe— - hul swaai heen en weer in die stroppe— - maar hul beur, en die vrag bring hul daar. - lê ver op die velde verlaat..... Kernsinne uit hierdie teks gekies · vanlyn beskikbaar ## Leesteks Die osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee; die jukke, al drukkend hul skowwe— hul dra dit getroos en tevree. En stille, al stuiwend en stampend, kom stadig die wa agterna— die dowwe rooi stowwe, al dampend, tersy op die windjie gedra. Die middagson brand op die koppe, gebuk in hul beurende krag; hul swaai heen en weer in die stroppe— en ver is die tog van die dag. Dit kraak deur die brekende brokke: die opdraans is ver en is swaar; dit knars in die knakkende knokke, maar hul beur, en die vrag bring hul daar. So, stom tot die stond van hul sterwe, blyf ieder ’n held van die daad— Hul bene, na swoege en swerwe, lê ver op die velde verlaat..... Source: https://www.gutenberg.org/ebooks/42302 Text edition: https://www.gutenberg.org/ebooks/42302