leesmaat.Library
Die windjie source-edition cover

Poem · Afrikaans

Die windjie

TH. WASSENAAR · 1922 · Intermediate · 1 min

Read in Leesmaat

Public-domain text. Complete text from the attributed source edition.

Slim opsomming· 11 s

Hierdie teks · 11 s

In ’n oogopslag

Windjie, ’k hoor so graag jou liedjies

Hoofgesprekspunte

  1. Jy so haastig nou al weer?

    Paragraaf 1

  2. Oor die grassaad ruis jou voetjies,

    Paragraaf 2

  3. Windjie, jy ’s net soos die vlinder,

    Paragraaf 5

  4. Waai maar, windjie, hardloop, huppel

    Paragraaf 8

Kernsinne uit hierdie teks gekies · vanlyn beskikbaar

Windjie, windjie, waarheen jakker Jy so haastig nou al weer? Al die stowwe skud jy wakker, Blare, blomme heen en weer.

Oor die grassaad ruis jou voetjies, As jy huppel oor die wei; Golfies bokspring, as jy soetjies Oor die koele water gly.

Soos ’n katjie speels ’n muisie In sy kloutjies rond laat vlieg, Skommel jy jou blare-huisie, Tot die takkies almal wieg.

Orals vroetel jy en snuffel Eike graspol deur en deur, En terwyl jy hul kernuffel, Jomp jy nog die blompies’ geur.

Windjie, jy ’s net soos die vlinder, Wat op elke blompie rus; En van d’ een by d’ ander skinder, Skoon hy almal vriendlik kus.

Windjie, ’k hoor so graag jou liedjies By my raam en dak se rand, in die boomtop, tussen rietjies Ruisend langs die waterkant.

O, so graag staan ek en luister In ’n hoë mielie-land, Hoe die ranke blare fluister Almal in dieselfde trant.

Waai maar, windjie, hardloop, huppel Oor die koppies, veld en rand— Drink uit vleie en kom druppel Mild die reën op dorstend land.